Our guests enjoy a diverse range of amenities and services during their stay at Bakkies B&B.
- Accredited by the Tourism Grading Council of South Africa
- 38 single / 16 double rooms
- 3 Family rooms can house 4 people (great savings for families!)
- New Conference Centre accommodating up to 30 people
- Our premises are accommodative to people with physical disabilities
- Free Wi-Fi broadband internet access
- TV & Mnet
- All rooms are equipped with coffee & tea facilities
- En-suite bathrooms and mini-baths
- We are pet friendly!
- Secure & gated parking
- Paved driveway
- Credit card payments accepted
Afrikaans
Met hulle 3-ster gastehuis hoog teen die klowe van die Hawekwas, bied Bakkies akkomodasie aan met ’n verskil.
Weg van die stadsgeraas is daar op die lieflike stoep van hulle gastehuis ’n vrede wat alle sintuie oorweldig. Die uitsig wat die hele onderliggende vallei insluit, kalmeer behoorlik enige ander indringers wat aanspraak maak op aandag. Hier kom bly jy om weg te kom van alles.
Só gewild is hierdie eenstop-lafenis vir reisigers dat Bakkies se gastehuis huidiglik 38 enkel óf 16 pare plus 6 enkel persone kan huisves. In die familie kamers kan 4 persone slaap op óf 1 King-size plus 2 enkelbeddens óf 4 enkelbeddens—wat hulle geskik maak vir gesinne wat wil bespaar en nie ’n ekstra kamer wil huur nie. Parkering is binne ’n sekuriteitsheining en die pad is tot by die perseel geplavei.
Bakkies B&B bied ’n kombo-pakket aan wat beide oornag geriewe en konferensie fasiliteite insluit. Vervoer vir ten minste 50 persone na en van enige plek is ook beskikbaar. En natuurlik Bakkies en Ronel se smullekker plaasontbyt wat eintlik ’n plaasbuffet is. Dit sluit alles in wat op standaard spyskaarte is, maar tuisgemaak en net meer.
U kan persoonlike diens en warm gasvryheid deur Bakkies, Ronel en Marius du Plessis (die bestuurder) bo en onder by die bedryfspersoneel verwag.