Bakkies B&B

Accommodation
Conference Centre

Remarks by some of our frequent and former visitors

Roelie Steyn Tuesday, 26 July 2011 | Western Cape, South Africa

Marius/Bakkies
Wat is Wellington sonder Bakkies B&B? Dit is die tweede keer wat ek my span manne hiernatoe bring en die eerste keer was ’n fees en die tweede keer nog beter. Menere, julle gasvryheid laat my besonder goed voel om my manne hiernatoe te bring - dit is asof by die huis. Geluk ook met die konferensiesaal - UITSTEKEND!!

Marius, Bakkies was wel nie hierdie keer daar nie, maar glo my, jy is ’n yster!!! Gisteraand het ek skuldig gevoel dat jy so laat moes opbly en wraggies vanoggend vroeg is jy weer op jou pos. Baie dankie. Se ook dankie vir die vriendelike vrouens wat ons so bederf het met etes en die manier waarop hulle die manne hanteer het.

1000 dankies en mag ons paaie meermale kruis want gasvryheid is ’n sieraad in ’n wereld waar alles gejaagd gaan.

Groete/Regards
Roelie Steyn

Raymond Dodds Thursday, 31 March 2011 | Gauteng, South Africa

Aan Bakkies en Marius:
Genoeg dankie kan ’n mens nie se vir al julle hulp met ons verblyf nie!!

Baie dankie vir fantastiese verblyf, heerlike ontbyt en die aandetes wat julle gereel het.
(en alles op sulke kort kennisgewing)

Namens Eastern Gauteng Action Netball se onder 19 en onder 23 spanne: Ons sal ewig dankbaar wees vir al julle hulp en gasvryheid.

Groete Raymond en Isele

Francine en Rob Sunday, 19 December 2010 | Belgium, Europe

Dag Bakkies en Ronnel
Vele groetjes uit het sneeuwrijke en koude Belgie. In februari komen wij vast weer enkele dagjes naar jullie. Het was er reeds vier jaren geleden zoooo aangenaam en mooi...

Tot weldra!
Francine en Rob